Hallo julle
Ek was in Julie laas by die klub gewees om met my honde te oefen, en ek besluit toe om gister middag te gaan aangesien Ozz binnekort by skoue mag spring. Dit was regtig lekker gewees.
Dazzle se heupies is hierdie week bietjie seer, so ek het hom nie gespring nie - hy het wel saam gegaan en my gehelp om vir Ozz die "cloth tunnel" te leer deur voor hom deur dit te gaan en ek Ozz saam met hom deur dit stuur ... dit het soos 'n bom gewerk.
Baloo was so opgewonde om by die klub te wees omdat hy weet dis nie 'n ernstige skou nie. Ek het twee rondtes met hom gehad: hy het in die eerste rondte twee jumps ge"knock" maar die tweede keer het hy absoluut foutloos en so vinning soos die wind gegaan.
En my ou Ozzie-kind - wat kan ek van hom sĂȘ? Hy het die "cloth tunnel" met Dazzle se hulp geleer (dis die blou ene in die videoclip) en hy het die "tyre jump" met Linda se hulp geleer. Dit was ook die eerste keer wat hy 'n "longjump" sien of "double" jumps doen. Hy het heel oulik gegaan in sy tweede rondte, en hier is 'n videoclip daarvan wat Heather vir my geneem het:
Nou, vir die van julle wat Agility/Dog Jumping ken, julle sou in die videoclip opgemerk het dat daar drie areas is waar ons beter kon gaan. Die eerste is dat hy my gesirkel het voor die "tyre jump", maar omdat hy die "tyre jump" eers gister geleer het, het ek hom aspris terug geroep voor dit om seker te maak hy gaan daar deur. Die tweede is dat hy aan die verkeerde kant in die vlegpale gegaan het en ek hom terug moes bring om weer in te gaan - 'n hond moet met sy linker skouer regs van die eerste paal in gaan. Die derde is dat ons aan ons "back-cross" moet werk - hy het na die verkeerde kant toe gedraai na die tweede jump na die vlegpale.
Wat ons wel reg gekry het was die "blind-cross" na die "rigid tunnel" (die swart ene in die videoclip).
Hey, dankie tog dis Vrydag. 'n Stunning naweek vir julle. :)
Hy is absoluut te pragtig ..... julle moet omtrent julle storie ken! Ek raak sommer deurmekaar :)
ReplyDeleteOh my word! WOW! Ek kan dit nie glo nie Ninette - jy het wragtig 'n wonderwerk met Ozz verrig en in so kort tydjie ook - ek moet jou geluk wens - jy is 'n ware "Dog Whisperer" - ek kon nie ophou lag nie omdat ek nooit gedink het Ozz sou dit regkry nie - hy was eenvoudig net te wild - Phew! dis amazing - ek kan nie wag om hom in aksie te sien nie - weereens sterkte met die voorbereiding vir sy eerste kempetisie. Het jy al daardie ankers gekoop? he-hee
ReplyDeleteJy moet darem self die baan goed ken voordatjy die hond kan deurvat sien ek.
ReplyDeleteDankie Paula. Hehe - jammer, ek wou niemand deurmekaar maak nie ....! :)
ReplyDelete((Sharona)) - hier's vir jou 'n drukkie vir jou comment. :) Om jou die waaried te vertel, ek was self redelik bekommerd vir 'n ruk net na ek hom gekry het en ek gewonder het of ek met hom gaan kan "cope". Hehe - nee, ek het nog nie daardie ankers aangeskaf nie, maar so lank hy my nie onverhoeds soos daardie dag betrap nie is ek sterk genoeg ... :)
Sandra - ja, dit is so ... ons kry 'n paar minute om die baan te stap voor dat ons dit met die honde moet spring.
Sharona, skies, jy weet ek bedoel "waarheid" ... hoekom sien mens eers die spelfoute nadat dit ge"publish" is ...
ReplyDeleteNinette, dit gaan maar altyd so - mens sien altyd die foute raak eers nadat die kommentaar ge "post" is :(
ReplyDeleteMooi week vir jou :)
Jy en jou hondekinders is so oulik met die goed. Lekker week Ninette!
ReplyDeleteWipneus