Hallo julle
Al weer 'n videoclip van Ozz - hierdie afgelope Sondag was sy eerste skou gewees, en dit was vir my 'n groot gebeurtenis om 'n nuwe hond te begin spring in die kompetisies. Ek weet dis seker laf van my omdat ek al so baie honde gespring het, maar dis seker omdat hy my eerste Aussie is.
Ek het bietjie rond gehardloop tussen Agility, Dog Jumping en Breed. Ek het Dazzle in Breed gehad vir "Best Head" (waar hy een van die "finaliste" was maar dit toe nie gekry het nie) terwyl die ander die Dog Jumping baan kon loop wat ek met Ozz moes doen, dus het ek nie die baan geloop voordat ek met hom ingegaan het nie. Ek moes ook baie vinnig vir Dazzle bêre en Ozz uithaal en direk ring toe gaan - daar was nie tyd om hom of myself net bietjie te kalmeer nie, "to pull myself towards myself". En die kersie op die koek was dat net toe ek moes ingaan, die Child Handler klas by Breed begin het, en hulle Dazzle daar nodig gehad het vir 'n vriendin se seuntjie wat hom sou skou .... ek was dus in twee geskeur, en my aandag was verdeeld want ek het geweet ek hou hulle by breed op. So, as mens al hierdie in ag neem, het Ozz eintlik goed gegaan:
Ek lag nou as ek na die videoclip kyk:
- Ek het nog nooit opgemerk hoe hy op my fokus voor ons ingaan nie - te dierbaar!
- Ozz is baie verbaas oor die fluitjie wat blaas om te sê ons kan begin .. hy het nog nooit een gehoor nie
- Hy is baie ongeduldig om te begin ...
- Hy doen sy twee "backcrosses" mooi by jump 2 en 4
- Ek sukkel bietjie om hom in die vlegpale te kry ... moet meer daaraan werk
- Hy raak ongeduldig en kom uit die vlegpale uit op die einde (waar ons agter die judge op die videoclip is) en ons kry dus 5 "penalties"
- Die res van die baan verloop vlot
- Ek kry weer 'n "blind cross" in na die tweede tonnel
- Ek lyk maar baie gestress toe ons klaar is ... :)
Die ys is nou gebreek ... die volgende skou behoort beter en meer rustig te gaan.
Ai, hy bly maar darem my favourite die Ozz :) Ek glo dat elke skou sommer beter en beter gaan word!
ReplyDeleteDankie Zee!! Hy sal tog te bly wees as hom sê hy het 'n "fan" ... :)
ReplyDeleteOor die skoue wat nog gaan kom: ek hoop so - hy's so anders as my Border Collies waaraan ek gewoond is om te spring.