Toe ek op skool was, het ek my eerste Border Collie gekry. Ek was versot op Enid Blyton se Famous Five boeke, en die hond daarin se naam was Timothy (Timmy vir kort). Toe vernoem ek my hond na hom.
Ek het hom by die DBV uitgekies toe hy so drie maande oud was. Ek het niks van Border Collies geweet nie, maar ek het net geweet daardie maer, lelike hondjie wat met 'n sagte kyk in sy oë stil staan na my en kyk en sy stert saggies waai (terwyl al die ander honde tekere gaan, teen die hokke opstaan en blaf ens.) die een is wat ek wil hê.
Op pad huis toe was hy siek in die kar, dus was my ma maar vieserig vir hom. En die aand toe my pa hom sien sê hy vir my dat as ek 'n mooi hond wil hê, hy altyd weer vir my 'n Spaniel kan kry soos Gambit, wat 'n paar maande van tevore verdwyn het. Ek het voet by stuk gehou - Timmy is my hond! Hy het in die pragtigste hond uitgedraai - almal het altyd gesê hoe mooi hy is.

Nou ja, ek het toe later Obedience klasse met hom begin doen, en toe ook Dog Jumping. Hier is 'n foto van ons by 'n "fun day" die klub, baie jare terug:

Hierdie hond het my liefde vir Border Collies Collies gekweek, en van Timmy af was ek nog nooit weer sonder 'n Border Collie (of vier) nie :)
Klein Saterdag vandag - geniet dit.
Hallo Ninette - Ek was net so verslaaf aan Enid Blyton se Famous Five boeke - lekker "adventure" leesstof vir kinders - my heeltemal in die stories ingeleef - en as ek reg kan onthou was Timothy van Famous Five ook 'n Border Collie ? :)
ReplyDeleteKlein Saterdag is verby - more is Vrydag, dankie tog.
Sharona - wie sou nou dink jy het ook Famous Five gelees ... :) Ek het ook gedink George se Timmy was 'n Border Collie - hulle het nooit dit gese in die boeke wat ek kan onthou nie, maar van die foto's/prentjies het dit vir my net soos my Timmy gelyk.
ReplyDeleteEk stem saam oor Vrydag ... dankie tog!!! Geniet die naweek, en groete vir man en seun.
Ninette, jy moet weet ek is al in dieselfde klas as die Famous Five Boeke - "classic/s" :) - net vir die interesantheid die eerste Famous Five Boek is in 1942 gepubliseer. Ek het so bietjie navorsing gedoen om te probeer vasstel van watter honderas "Timmy" was - en kom toe op die volgende af:
ReplyDelete"The Famous Five are four decidedly upper-class children with a mongrel dog who solve mysteries and get tangled up with smugglers and other criminals. They want nothing more than to have a great time strolling about the countryside and having picnics, but these adventures just keep coming along and getting in the way."
en as elke karakter beskryf word is dit die beskrywing van "Timmy" -
"Timmy is just a dog, and a mongrel at that—but what a dog! Lassie eat your heart out. Whereas Lassie would go and fetch help to rescue the imprisoned children, Timmy would go several steps farther and make the villains tie each other up and lock themselves in a room, and then recover the stolen plans, find a lost cave full of treasure, and finally go off to the police station to ask for CID rather than bother with the useless bobby on the front desk. Timmy is described as a brown mongrel with an unusually long tail and loving brown eyes, although in the 1970s TV series he mysteriously transmogrified into a Welsh collie, or border collie as they're called in the USA. He stuck in this guise for a long time afterwards, his distinctive black and white fur instantly recognizable from afar. I grew up with this image of Timmy, and assumed the original Eileen Soper artwork was wrong, but now I've come to terms with the fact that Timmy really is quite a funny looking thing. Loyal and strong, big and powerful, but still funny looking."
Hey! Nog net twee slapies dan is dit Ozz se eerste "show" - ek hou duim vas dat dit goed gaan. En amper vergeet ek van die praatjie wat jy gee op Radio Pretoria - Onderwerp is natuurlik "honde" maar weet daar is spesifieke area wat jy behandel - Maandag, 14 September - hoe laat????
This comment has been removed by the author.
ReplyDeleteSharona, hoe lekker het ek nou gelag ... "classics" .... onthou, "age is a state of mind" :)
ReplyDeleteBaie dankie vir daardie intersante inligting oor die Famous Five boeke!! Ek het nie geweet dis al van 1942 af gepubliseer nie! En die prentjies wat ek onthou van George se Timmy is seker van die Border Collie wat hulle vir sy karakter in die televisie reeks gebruik het.
Dankie - ek sal jou laat weet hoe Ozz se eerste skou gegaan het. :) Ek hoop die weer speel saam - dit was regtig baie koud en reenerig hierdie week gewees (training was Donderdag gekanseleer as gevolg daarvan), en al skyn die son vandag waai die wind iets verskriklik.
Die praatjie is 2.45 Maandag middag ... en die onderwerp is "Honde in sport".