Monday, September 21, 2009

Ses honde op die strand

Hallo julle

Ek het verlede week regtig 'n baie besige en uitputtende week gehad, en het dus hierdie naweek af gevat om bietjie tot verhaal te kom.

Saterdag oggend was Ozz saam vlooimark toe, en die aand was ons albei gedaan - hier's ons voor die TV ...



Gister was daar 'n hondeskou maar ek het besluit om nie te gaan nie - ek was te moeg, Dazzle kan nie spring nie, dis ver om te ry ens .... toe spandeer ons die dag lekker by die huis.

Daar's 'n foto kompetisie op Ontbytsake met die tema "Ontbyt", toe neem ek hierdie foto gister oggend van Sunny wat Special K eet en stuur dit in:



Toe gister middag was ek met al ses kinders strand toe ... dit was baie lekker sonskyn gewees albei dae die naweek, en die honde het dit so geniet. Daar was ander mense ook op die strand, maar hulle het aan die een kant van die strand gebly en ons aan die ander kant. Hulle het een hondjie saam met hulle gehad wat op 'n stadium nader gekom het, en Ozz hardloop toe saam met hom die hele strand vol.















Ek's amper op verlof vir 11 dae .. kan nie wag nie!
Geniet die week.

No comments:

Post a Comment