Ek het by Monica Markus van Windrush Stables in Carletonville begin lesse neem toe ek vyf jaar oud was. Ek onthou nog van die perde wat ek gery het: daar was Luna en Pippa, twee ouerige wit/grys perde. Dan was daar Mischief, 'n pikswart perd, en Coco Pop, wat mens van die naam kan aflei sjokolade-bruin in kleur was. Sally was so 'n swart perd met grys spikkels wat een keer baie seer op my voet gestaan het.
My twee gunstelinge was egter Georgia Brown, 'n Chestnut, wat baie lekker gespring het, en Java, wat 'n ontsetende gemaklike rit gegee het. Ek het vir Georgia Brown gekies as ons sou spring, en vir Java as ons "bareback" (sonder 'n saal) moes ry.
Toe kry ek 'n perd van my eie, 'n dierbare bruin perd met die naam "Will He Win". Hy was nogal 'n karakter - as hy nie suikerklonte gekry het voordat ons gaan ry nie, het daardie onderlip van hom letterlik gehang...!
Ons het die een Saterdag by die stalle 'n Gymkhana gehad, en ek en "Will He Win" het met ses rosettes (en 'n yslike bedrag van R9 as prysgeld!!!) daar weggestap.

Ek en Will He Win die oggend van die Gymkhana

In die Jumping Paddock - ons albei was baie lief vir spring
"Will He Win" is later verkoop aan 'n vriendin, en ek kry toe 'n Welsh Pony met die naam Forsyte Cambrian Handley, so 'n klein grys ponietjie wat die wereld van homself gedink het. Met hom het ek vyf skoue gedoen, twee by Kayalami, twee by Pasadena, en een by die Randse Paas Skou. Ons het een tweede en een derde plek behaal uit daardie vyf skoue, albei kere by Pasadena.

Handley saam met Coromandel Dun Lochaire, een sy stalmaats

Handley kyk eers goed waarmee ek hom borsel
Ek het darem weer gery van daardie tyd af - op hoƫrskool 'n perdjie met die naam Lady Di, en een van my onderwysers se kinders se Shetland, Jody. Toe 'n groot grys ek-resies perd (Rambo), en toe so paar jaar terug vir 'n tydperk 'n bruin perd, Demolina (Demi vir kort) wat ek ge"lease" het. Ek moes maar uiteindelik toe vir Demi opgee, want daar was net nie meer genoeg ure in 'n dag of week om by alles uit te kom nie omdat ek skool begin hou het, die hondeskoue en honde-afrigting gehad het, en deur UNISA gestudeer het .... maar aai, hoe wens ek dat ek weer kan perdry!
Dan is dit tyd dat jy weer gaan perdry Ninette! Hier by ons kan 4 mense saam 'n perd vir 'n jaar "huur". Die arabiere is nogal erg oor hulle perde en die stalle is van die bestes en mooistes wat ek al gesien het.
ReplyDeleteSandra, ek sal beslis weer ry as die kans kry :)
ReplyDeleteMev. Markus se stalle was ook baie mooi - sy was van Engeland af, en jy weet seker hoe hulle oor hulle perde is.