Wednesday, November 5, 2008

Agility aksie foto's

Hi julle

Ek dog ek deel gou met julle hierdie foto's van my honde wat "Agility" doen. Hulle is tog so mal daaroor om besig te wees, en Agility is hulle lewe.


Jodi is nou afgetree en neem net in die Veterans klas deel, maar hier is sy waar sy deur die Tyre-jump gaan so paar jaar terug.


Hier is Pancho afgeneem soos sy oor die laaste jump van daardie baan gaan, ook so jaar of so terug.


Baloo op die A-Frame

Dis nou wel nie Agility nie, maar hier is Dazzle besig om Flyball te doen.

En selfs Kizmet, die Spaniel, neem partykeer deel - kyk hoe vlieg die ore op:


Hoop julle almal het 'n stunning week so ver.

Liefde
Ninette

2 comments:

  1. Ek is elke dag as ek hier kom draai verstom oor jou diere kinders!
    Verbeel jou mens kry 'n Veteran klas ook! Jodi lyk te oulik deur die tyre!

    Lekker dag alhoewel hier is dit oggend-ure ek kry nie tyd om by al my blogmaats in te loer nie dan voel ek skuldig. Nou doen ek maar nagdiens!

    ReplyDelete
  2. Hallo Muriel

    Dankie - ek geniet dit so om jou comments te lees.

    Ja, daar is 'n veteran's klas - dis dieselfde baan as die ander honde, die jumps is net baie laag. My twee meisiekinders geniet dit so om nog deel te neem en belangrik te voel.

    Lekker dag vir jou ook. :)

    ReplyDelete