Wat 'n week so ver!
Ozz is verskriklik besig en aan die gang dat dit soos 'n warrelwind in die huis gaan vandat hy Sondag gearriveer het, maar hy is regtig te dierbaar vir woorde. Hy het al geleer om mooi te sit vir sy kos (en sommer so tussen in ook wanneer ek hom vra). Die ander honde het hom wonderlik aanvaar - dis net nog Baloo wat baie ontsteld is en nie van hom hou nie. Waneer ek in die middag by die huis kom, los ek die agterkant van die bakkie oop en Baloo le dan vir lank daarin (vir 'n bietjie "peace and quiet", dink ek) .

"Ek's amper so bond soos die mat!"
Wat ook nie veel help nie is dat ons verskriklik reen het op die oomblik en ek dus nie baie met hulle buite kan speel sodat Ozz van sy energie ontslae kan raak nie. Ek wens so die son wil bietjie weer skyn!! Ek wil met hulle op die strand gaan stap maar kry net nie geleentheid daarvoor nie. Hopelik binnekort..! Maar dit het gisteraand so hard gereen dat ons skade gehad het - 'n geut het van die dak afgebreek en le in drie stukke op die grasperk ...
Dinsdag was dit al drie weke van Jodi se operasie af, en ek het hierdie foto die aand geneem:
.jpg)
"Kyk hoe mooi het my hare al gegroei!"
Tot volgende keer, mooi bly.
Liefde
Ninette
Sjoe Ninette maar jy het hom vinnig geleer sit. Jodi se haartjies het weer mooi gegroei!
ReplyDeleteEk het nou net 'n foto gekry van die reën skade! Dis vreeslik julle spoel weg!
Ek hoop jy kinders kry gou tyd om bietjie buite te speel!
Ek het jou hulp nodig, my Shane is nou al 9 jaar oud en my seun het 'n klein yorkie gekry, Shane wil glad nie vir Maxie aanvaar nie. Ek is bang hy gaan hom byt. Ek dink hy is jaloers want hy was lank die enigste baba in die gesin. Vreeslik bederf en het al die aandag gekry. Help?
murielatscenedotcodotza
Lekker dag verder!
Hi Muriel
ReplyDeleteJa, "enough already" met al die reen..!
Ek het vir jou e-pos gestuur - hoop dit help. Sterkte! Weet maar ek is dieselde bootjie met Baloo en Higgins.
Lekker dag vir jou ook. :)
Hi Ninette
ReplyDeleteSo bly om te sien Jodi het so mooi herstel, wonderlik om te sien hoe die hare al gegroei het.
Van watter ouderdom af kan mens begin om 'n hond te leer en wat leer mens hulle alles - dis nou as jy 'n huishond soek met maniere? Kiara vorder baie goed met die house training en laasnag het ek net een keer vir haar opgestaan om haar buite toe te vat en sy het niks gemors nie. Snaaks, sy mors nie in die nag nie, maar in die dag sukkel dit 'n bietjie! Sy loop ook al baie mooi aan 'n leiband en Saterdag was ons by my oom op die plaas en sy was so soet en selfs my oom se hond het mooi met haar gespeel!
Hallo Xanika
ReplyDelete'n Hondjie se opleiding begin die dag wanneer jy haar kry. Sy moet die basiese dinge soos sit, le, bly en kom te ken, en (soos Kiara al doen) op 'n leiband te loop sonder om te trek. Dan kan jy haar toertjies leer soos om poot te gee, 'n bal of ander artikel te gaan haal, frisbee te vang ens. - daar is 'n eindelose lys wat mens vir honde kan leer.
'n Wenk wat ek kan gee is om slegte gedrag te igonoreer eerder as om dit te straf, en dan goeie gedrag te prys - dit word mos "positive reinforcement" genoem.
Gaan kyk op http://www.livingwithadog.com/ en registreer vir 'n gratis kursus op die SitStayFetch skakel - ek het so pas - ek is seker dit sal jou ook help.
Geniet Kiara - hulle word so gou groot..!
Baie dankie Ninette, ek gaan beslis by SitStayFetch inloer vir hulp.
ReplyDelete