Monday, November 24, 2008

Huisgenoot Treffer vir Treffer konsert

Hallo julle.

Al weer Maandag - nog 'n week wat voorle.

Ek het gister Huisgenoot se "Treffer vir Treffer" konsert bygewoon - ek het dit geniet al het ek so gewens Steve het ook opgetree. Hier is foto's van 'n paar van die kunstenaars wat wel opgetree het:


Nicholis Louw en Elizma Theron met hulle duet "Vat vanaand 'n kans"


Die Campbells


Romanz - sjoe, hierdie ouens mag maar sing!


Kurt Darren


Shine 4


Nicholis Louw en Ray Dylan met hulle duet "To all the girls I've loved before"

Sharlene Surtees-Richards was die MC, en dan was daar nog Sarah Theron (ek's mal oor haar liedjie "My ouma Sera"), die stoute Pieter Koen, Natasha Joubert, Freddie Nest, Wikus van der Merwe, Dewald Dippenaar, Helene Bester en Jakkie Louw.

Hey, man, dankie aan almal van julle wat comments los - ek waardeer dit!!

Lekker week.

Liefde
Ninette

5 comments:

  1. Wow Ninette lyk of dit 'n lekker konsert was!

    Lekker week vir jou ook!
    x x

    ReplyDelete
  2. Hi Muriel

    Ja, dit was lekker, net bietjie lank (ons het 12 uur gaan sit om plek te kry; dit het 1 uur begin en vyf uur klaargemaak) en ek is dus bietjie moeg vandag .. die hoogtepunt was om 'n foto van my en Kurt en een van my en Nicholis te gekry het - my 2de en 3de favourites.

    Hoop dit gaan goed met jou twee "kinders". Sterkte.

    ReplyDelete
  3. Die konsert lyk of dit pret was, maar wat ek gister beleef het kan deur niks oortref word nie! Ek is so bly ek was daar en sal seker more bietjie daaroor blog. Ons was gelukkig om ons eie fotograaf te hĂȘ en nou wag ek net vir foto's.

    ReplyDelete
  4. Hallo Xanika

    Om eerlik te wees - ek het konsert toe gegaan om nie by die huis te sit en "mope" die hele dag omdat ek nie saam met julle kon kuier nie! Ek het tydens die konsert so twee keer 'n traan afgevee, ek's ernstig. Ek hou van Kurt en Nicholis, en Romanz was uitstekend, maar ek weet daar is net een kunstenaar soos Stefaans.

    Ek sien baie daarna uit om jou blog inskrywing more te lees...! Ek's bly jy het die dag geniet.

    ReplyDelete
  5. Daar is 'n artikel oor Romanz in hierdie week se Huisgenoot - behalwe vir Nicholis en Kurt het ek hulle die meeste geniet.

    ReplyDelete