Monday, November 10, 2008

Onmoet vir Ozz

More julle.

Ek is gister (weereens) na 'n hondeskou toe met Baloo en Dazzle, en daar hoor ek van 'n Australian Sheperd hondjie van vier maande wat 'n huis soek. Ek gaan kyk toe, en nou ja, dit was dit: hy kom toe saam met ons huis toe.



Die naam waarmee ek hom gekry het is "Saphron", 'n baie mooi naam maar wat 'n teefie eerder as 'n reuntjie pas, so ek het hom na "Higgins" en toe na "Ozz" herdoop.





Sy kleur is wat mens 'n "blue merle" noem, en wat te dierbaar is van hom is die feit dat omdat hy nie 'n stert het wat hy kan waai nie, wikkel hy sy hele agterlyf ...! Hy ken niks nie behalwe dat hy wel ge"housetrain" is en op 'n lead kan loop, so van vanmiddag af begin sy basiese opleiding - "sit" is die eerste ding wat hy moet leer omdat hy vanoggend die kosbak uit my hande gestamp het en nie soos my ander honde mooi gesit en wag het dat ek die bak neersit nie .. ek gaan baie geduld aan die dag moet lĂȘ.

My ander honde het hom baie goed aanvaar - dis net Baloo wat bietjie bedreig voel en wat ek baie versekering voor moet gee dat die kleintjie glad nie sy plek gaan inneem nie. Die eerste nag het ook baie goed gegaan - ons was almal so moeg dat ons vroeg gaan slaap het, toe het ek 12 uur wakker geword en hom buite toe geneem, en toe het hy weer in die kombuis geslaap tot vanoggend 5 uur toe sonder enige probleme, stroop soet.
Lekker week vir almal.
Liefde
Ninette

3 comments:

  1. Hello Higgins welkom by Ninette!

    Hy is te oulik,sal graag sy vordering wil dophou!

    ReplyDelete
  2. Dankie, Muriel, ek sal gereeld rapporteer oor hoe hy doen. :)

    ReplyDelete
  3. Hallo Higgins! Ek stem saam dat Higgins 'n beter naam vir hom is. Nou weet ek sommer wat om vir Kiara te leer sodra ons die "house training" onder die knie het!

    ReplyDelete