Sunday, November 16, 2008

Die naweek se dinge

Hallo julle

Ek het die vorige twee inskrywings gou ge-edit - ek het Vrydag besluit om na my ma se voorstel vir 'n naam vir die nuweling te luister, en "Higgins" word toe "Ozz". Dit pas hom beter en dis ook 'n korter en makliker naam vir wanneer ek hom in die Agility ring oor 'n jaar of so moet roep..

Nou ja, Baloo het toe gisteraand vir Ozz gegryp dat Ozz huil soos 'n babatjie .. ek sien toe later dit is stukkend bokant sy ogie en maak dit met Savlon skoon. Vanoggend is sy gesiggie bietjie geswel..! Ek is natuurlik kwaad vir Baloo daaroor, maar het nie erg met hom geraas nie want dit was sy manier om Ozz in sy plek te sit, wat nodig was aan die een kant. Ek twyfel dit sal weer gebeur want Ozz weet nou wie is baas en is baie meer besadig en nie so voor op die wa nie.

Vanmiddag het ek vir Baloo, Dazzle en Ozz strand toe geneem - ek weet nie of Ozz al ooit te vore op die strand was nie maar hy is gek oor die water ... die ander twee is nie regtig mal daaroor om hulle pote onnodig nat te kry nie (soos julle in die videoclip onder kan sien).





Ek het "Nights in Rodanthe" gaan sien - sjoe, maar dis 'n mooi fliek. Richard Geere "is to die for" ... :) . Wie van julle het dit al gesien?

Hoop julle naweek was lekker. Praat weer more.

Liefde
Ninette

15 comments:

  1. Hallo Ninette

    Ek stem saam met jou ma, Ozz is beter as Higgins en dis net of dit by hom pas!

    Arme Baloo het duidelik nie meer lus gehad vir 'n stout kind nie en die enigste manier om dit te wys was natuurlik deur te byt, hoop Ozz se gesig is gou weer beter en dat hy sy plek nou sal ken.

    Ag hoe verlang ek see toe...

    ReplyDelete
  2. Dankie, Xanika, Ozz leer vinnig en ek hoop regtig dit sal nie nodig wees vir Baloo om die les te herhaal nie. Sy gesiggie is darem beter vandag, nie meer so geswel nie.

    Toemaar, een van die dae is julle mos by die see .. :)

    ReplyDelete
  3. Ag Ninette ek het hierdie video nou gate uit geniet. Die see klink soos musiek in my ore!

    Ek hou ook van die naam Ozz!

    Sien jy Ninette dis hoekom ek bang is vir die byt storie. Maar ons het nou met die training begin, danksy jou inligting. Baie dankie. Ons vat dit maar stadig. Elke dag net so rukkie! he he
    Ek sal seker ook maar moet los dat Shane wys wie is baas!

    Lekker week vir jou!

    ReplyDelete
  4. Hi Muriel

    Ek's bly jy het die videoclip geniet. Ja, die geluid van die see is darem maar mooi! :)

    Ja, ek het mos gese ek sukkel ook met die jaloesie van Baloo se kant af. Gelukkig is hy nie 'n aggresiewe hond nie en het hy Ozz gegryp en toe net oor hom gestaan, nie verder gebyt nie - hy wou net dominansie wys en omdat Ozz in gegee het, is dit nou verby. Nie een het kwadegevoelens teenoor die ander nie.

    Laat weet hoe dit met jou twee gaan.

    Lekker dag. :)

    ReplyDelete
  5. Hi Ninette!

    Jy het vreeslike mooi honde!! Myne is ook soos my kinders!
    Ozz is te mooi vir woorde - hou van sy verskillende kleure!

    Baie nice blog!

    Goeg gaan!

    ReplyDelete
  6. Hallo Nats

    Welkom, en dankie; ja, my honde is my kinders.

    Goed gaan met jou ook. Hoop jy kom kuier weer. :)

    ReplyDelete
  7. Hi Ninette dit gaan nog woes en leeg hier!!! Die probleem is die klein hondjie wil na my toe kom en Shane word boosaardig kwaad!!! Dus ek sal my man moet aantree om hulle te leer om van mekaar te hou! Daar waar ek nie in sig is nie. Kan mens se hondekind so jaloers wees???? Ek het hom seker te veel bederf!

    Ek hou jou op hoogte!

    ReplyDelete
  8. AH!!!

    Ninette, ons het met 'n border collie groot geword. Tot hy aan 'n hartaanval gesterf het.

    ReplyDelete
  9. Hallo Muriel

    Aai, Shane wil 'n 'enigste kind" wees - julle sal maar net geduldig moet wees en hom moet wys die ander enetjie is nie 'n bedryging vir hom nie. Ek is seker julle sal dit reg kry.

    Hallo Adrie

    So jy kan uit ondervinding saam praat oor Border Collies :)

    Siestog, nie 'n lekker manier om 'n hond te verloor nie :(

    Lekker dag vir julle.

    ReplyDelete
  10. Hi Ninette

    Dankie vir die inloer by Dorings! Net vinnig - ons is vier "eienaars" op Dorings.

    My Tweeling (Adrie) skryf meeste van die posts! Dan is daar Mathilda en Wille Q (Sam)

    Lekker dag!
    PS: Jy het op die verkeerde tyd kom hallo sê - 'n simpel blogger het ons kom sleg sê! Ons is nie altyd so nie... of wag ons is! :shock: He he he!

    ReplyDelete
  11. Hallo Nats

    Dankie dat jy laat weet wie is wie - ek was bietjie ge"puzzle" toe ek op Adrie se naam click en by dieselfde blog uitkom as wanneer ek op jou naam click .. nou verstaan ek ... :)

    ReplyDelete
  12. Dagse Ninette

    Ek gaan weer probeer groet en kennis maak hier by jou. :wink:

    Mooi bly

    GRoete

    ReplyDelete
  13. Hallo White Night

    Ek onthou jou van SSSB. Welkom hier - hoop jy kon loer weer in.

    ReplyDelete
  14. Dagse Ninette

    Jip ek onthou jou ook van die SSSB dae af. Bly om jou weer raak te loop / lees.

    Hoop dit gaan goed. Alles van die beste vir jou.

    Groete

    ReplyDelete
  15. Ninette, ai, ek het so lank laas 'n comment vir jou hier gelos, maar ek lees darem op my google reader wat in jou lewe aangaan...

    Daardie poeletjie water lyk darem so bekend jong! Ons gaan dalk een van die dae vir 'n naweek weer af soentoe, sal jou laat weet sodra ons dit kan regkry!!

    Die video - ai hoe verlang ek nou na die see!!!

    ReplyDelete